Tuesday, 6 October 2009

Welkom

Welkom by 'Ouers deur Genade' (Parents by Grace), 'n Blog waar ons saam gaan lag, leer, huil en deel in die vreugdes van ouerwees. 'n Groep van SA Gemeente Noordwyk het 'n behoefte geidentifiseer vir ouers om saam te kan kuier. Weens ons almal se 'besige lewens' en die logistiek van 'n verspreide gemeenskap het ons gedink om 'n 'virtuele koffiekamer' te skep.
Nie een van ons is 'gekwalifiseerde' ouerleiers nie (ek self het net een kind en 5jaar se ouerondervinding - dus geen ekspert nie), maar ons is almal ouers en vertrou dat deur die werking van die Heilige Gees ons boodskappe tot diep in ouerharte sal spreek. My begeerte is dat elke ouer sal tuis voel hier en sal deelneem deur kommentaar te lewer op die artikels (Kliek eenvoudig op die kommentaarblokkie onder die blog!). Dink aan die blog as 'n vriendin met wie jy koffie (of dalk rooibostee) deel.
Elke kind is uniek en daarom sal 'ouerstyle' verskil. Ons respekteer dit. Ons hoop om 'n ondersteuningsnetwerk vir ouers (en dan veral Suid-Afrikaanse ouers in Brittanje) te skep. Dis juis die behoefte aan ondersteuning vir ouers wat dalk ver van familie is (en waar die 'andersheid' van ons omgewing dalk die familie se raad onvanpas maak!) wat ons dryfveer was om hierdie blog te begin.
Ons gaan poog om die blog elke week op te dateer met 'n nuwe artikel. As daar spesifieke kwessies is wat jy graag sou wou bespreek laat ons asseblief weet. Dit kan ook deur die kommentaarblokkie gedoen word.
Ons is opgewonde oor wat ons saam vir ons kinders kan doen. My gebed vir elkeen is dat ons nooit koers sal verloor in ons ouerskapsbootjie nie, maar gevestig sal bly op Jesus, die Ware Noord.

Tot volgende week wanneer ons gaan kyk 'Hoe bid ek vir my kind?'. As jy Stormie Omartian se 'Krag van 'n Biddende Ouer' het, kan jy dit gerus byderhand hou want ons gaan dit binnekort as groep saam lees.

Jesusliefde
SdV xx

5 comments:

  1. Kommentaar op my eie blog - net 'n toets.

    ReplyDelete
  2. Wat 'n voorreg om so 'n wonderlike blog as "baba" te begin.Ek glo dat ons hemelse "Pappa" elke oomblik hiervan sal gebruik om kinders vir Sy koninkryk te help grootmaak. Sterkte vriendin.
    Annelie

    ReplyDelete
  3. Dankie vir die initiatief(eintlik gehoorsaamheid!) met die begin van dié blog. As ouers van kinders wat in 'n engelse kultuur groot word het ons mekaar nodig, veral vir praktiese raad mbt die leef van ons Christenwees.
    Ek hou vas aan Jeremiah 33:3..If you call to me I will answer you and show you great and mighty things that you do not know. Dankie HEER..
    Baie blessings, Marna
    PS... MY EERSTE VRAAG? :) My dogtertjie is in year 2 en hulle leer in RE van verskilende gelowe. bv..Muslims trek hulle skoene uit as hulle bid.. Die kinders moet dan ook in die klas hulle skoene uittrek en in 'n sirkel gaan sit soos waneer die Muslims bid en verder oor dit praat,OF na Ramadan het die Muslims Eed en die vrouens doen henna tekeninge op hulle hande. Die kinders trek hulle hande op papier af en ontwerp hulle eie henna patrone op die hand, OF die maak van Diwali lampies wat huis toe gebring word... Ek verstaan dat ons kinders van ander gelowe gaan leer, maar tot watter mate moet hulle deelneem in van die gebruike?

    ReplyDelete
  4. Wonderlik, dat iemand die inisiatief geneem het om so n krgatinge ding aan die gang te kry! nou moet ons dit net odner almal wat ons kn versprei sodat die blog aan die gons kan raak en ons almal kan ondersteun en raad gee! Mag hierdie blog wat jy geskep het, ander van groot hulp en seen wees! Ilzé

    ReplyDelete
  5. Liefste SdV - so bly dat jy energie en wysheid in hierdie blog insit soos wat God jou lei. Mag dit geseënd wees. Ek het onlangs 'n klein boekie gekoop wat in ons toilet lê genaamd: "Praying God's promises for your children". Ek deel graag 'n quote: "Most of us prayed that god would give us children in the first place. Then we dedicated them to Him soon after they were born. Now we need to surround them in prayer - Tim and Beverly Lahaye".
    Sien uit om saam te bid.
    Net 'n ander vraag - daar is van ons Engels- sprekende vriendinne wat ook by die blog sal kan baatvind - hoe gemaak?
    Liefde Lizanne x

    ReplyDelete