Hallo
Hoop almal met skoolgaande kinders het 'n lekker 'halfterm' gehad. Baie dankie aan Ds Christo Benadè wat hierdie keer se blog vir ons geskryf het.
Suksesvolle Ouerskap - Dit is nie wat jy doen nie, maar wie jy is!
Hoe beïnvloed ek my kinders om ‘n lewe te lei wat vir hulle sinvol is en waarin hulle hul potensiaal bereik? Dit is ‘n vraag waarmee elke ouer hom/haar gedurig besig hou. Soos die kinders ouer word, word hierdie vraag meer intens en vermeerder die nagte se wakker lê. Gereeld moet ‘n predikant/sielkundiges hoor dat ‘n ouer wil hê dat hy met die kinders moet “praat” –“Ons kan nie meer met Karin huishou nie”. Die dilemma is dat die dominee se gepraat nie veel help nie, omdat die pratery gewoonlik te laat is.
Nou waar begin ons as ouers? Dit is ongelukkig so dat daar dinge in die lewe is waarteen ons ons kinders nie kan beskerm nie – al wil ons ook hoe graag. Hulle gaan op ‘n dag van die kleuterskool kom en ons vertel Jannie sê “@#$@ jou!” Dit is sulke tye wat ons as ouers na mekaar kyk en sukkel om ons asem terug te kry, en dan nie weet of ons die kind, Jannie, die onderwyser, skoolhoof, minister van onderwys of dalk al ses moet wurg nie. Later in die lewe gaan hulle die kans kry om skelm ‘n rokie te maak(het ons almal nie maar ‘n geleentheid gekry nie?), of daar gaan Vrydagaand ‘n partytjie wees by ‘n meisie se huis waar ons bloedjie blootgestel word aan dinge wat Madonna (nie die Rooms-Katolieke een nie) sal laat bloos. Wat dan? Sluit ons hulle in die huis toe, maak ons hulle bang met al die dinge wat jou in die warmste plek in die hel sal laat brand?
Dalk nie, want sien daar is dinge waaroor ons beheer het en dan is daar dinge waaroor ons nie beheer het nie. Ouers is altyd half gesteurd met my as hulle so bekommerd is oor hulle kinders en ek sê vir hulle dat hulle nie moet bekommer nie want die kinders sal net doen wat HULLE gedoen het!
Hoe sleg dit ookal is om te hoor, is dit ‘n feit dat ons nie ons kinders of enige ander persoon se gedrag kan bepaal nie. Ons kan alleen ons EIE gedrag bepaal en dit is hoe ver ons invloed strek.
Dít is dan juis ook waar ons invloed lê - in ons eie optrede. Die invloed wat ons uitoefen lê dan in ons eie hande, in ons eie gedrag. Dissipline begin in die eerste plek by onsself. As ons nie respek vir gesag het nie gaan ons ook geen gesag afdwing nie. As ons sleg praat van die gesagsfigure in die samelewing, hoe op dees aarde sal ons kinders respek hê vir hulle? As ons kinders heeldag hoor hoe sleg is die polisieman, onderwyser, ouderling, dominee of die regering, hoe gaan ons kinders respek hê vir hulle?
As dit ons uitgangspunt is dat dit by onsself begin, is daar heelwat wat ons kan doen. Hier volg ‘n paar gewoontes wat ons as ouers kan aanleer om ‘n positiewe invloed op ons kinders te hê:
1. Probeer verstaan.
Stephen Covey sê tereg dat “ we must first try to understand and maybe then to be understood.” Dit is ongelukkig so dat ons graag gehoor wil word, maar dat ons sukkel om te hoor. Dit is so dat mense eers bereid is om te luister as hulle voel daar word na húlle geluister en dat hulle verstaan word. Om te luister beteken nie dat ons noodwendig saamstem nie, maar dat ons ten minste probeer verstaan.
2. Belê in jou verhoudings.
Die grootste fout wat ons kan maak in ons verhouding met ons kinders, of enige ander verhouding, is om te dink dat die verhouding self sal ontwikkel en groei. Dit gebeur nie. As jy net geld uit jou bankrekening onttrek en nie deponeer nie, gaan jy kort voor lank teleurgesteld voor die autobank staan met die boodskap ”GEEN FONDSE BESKIKBAAR”. In ons verhoudings moet ons ook gedurig beleggings maak sodat, as ons moet onttrek, daar iets is om te onttrek. As ons ons kinders net straf(wat soms nodig is) en negatief met hulle praat, onttrek ons uit ons emosionele bankrekening. Dit is ook noodsaaklik dat ons gereeld deposito’s sal maak in hierdie rekening. Ons maak deposito’s deur tyd saam te spandeer, deur hulle te komplimenteer, vir hulle te sê hoe lief ons vir hulle is , ens. Hoe lyk die bankrekening in jou verhoudings. As jy te lank in die rooi is veroorsaak dit onherstelbare skade aan die verhouding.
3. Maak beloftes en hou beloftes.
“All broken relationships can be traced back to broken agreements” (Canfield, Hansen & Hewitt) Dit is veral waar in ouer-kind verhoudings. ‘n Belangrike wyse waarop deposito’s gemaak word in ons verhoudings, is deur beloftes te hou. Vertroue word gebou, as ons kinders weet ons ag hulle belangrik genoeg om ons beloftes na te kom. Oor tyd bou dit vertroue en versterk die band tussen ons.
4. Waardeer dit wat jou kinders doen.
William James sê op ‘n stadium dat : “The deepest principle in human nature is the craving to be appreciated”. Hierdie is so ‘n basiese beginsel, maar hoe baie vergeet ons dit. Dit is baie moeilik en selfs onmoontlik om ‘n slegte verhouding te hê met iemand wat jou gereeld opreg komplimenteer. Dit is ook een van die mees basiese behoeftes van ons kinders. As hulle nie respek en waardering kry by ons as ouers nie, sal hulle dit op ander plekke soek, plekke wat gewoonlik nie baie gesond is nie. Dit is ongelukkig so dat “People are born to be a success, but conditioned to be a failure.” As kinders te veel hoor dat hulle stout en dom en ongehoorsaam is begin hulle dit glo. ‘n Ouer is die grootse bron van kondisionering in kinders se lewens. Kom ons gebruik hierdie posisie met groot sorg en verantwoordelikheid.
5. Erken jou foute en maak verskoning.
Die vyfde en laaste gewoonte wat ons in enige verhouding kan aanleer is om ons foute te erken en verskoning te vra. Ons leef met die wanpersepsie dat ons kinders hulle respek vir ons sal verloor as hulle moet weet ons maak ook foute. ‘HALLO, ENGEL GABRIEL?’ Nee, anders as die goeie engel Gabriel maak ons almal maar foute. Ons kinders kan juis daaruit iets leer, dat dit normaal is en dat ons die skade kan herstel.
Die belangrikste is om te onthou dat ‘n goeie verhouding, maar by onsself begin. As jy ‘n beter kind wil hê, wees ‘n beter ouer, as jy ‘n beter vrou wil hê, wees ‘n beter man en as jy ‘n beter man wil hê, wees ‘n beter vrou. ‘n Ma bring op ‘n dag haar seun wat baie oorgewig is na Mahatma Gandhi om haar raad te gee oor die seun se hoë suiker gebruik. Gandhi se reaksie was dat sy oor drie weke weer terug moet kom. Na drie weke kom die vrou terug en Gandhi sê vir die kind: “hou op suiker gebruik”. Die vrou was afgehaal en vra aan Gandhi hoekom kon hy dit nie maar drie weke gelede vir die kind dit gesê het nie. Sy antwoord was: “Drie weke gelede het ek nog self suiker gebruik”.
Christo R. Benadè
Bronne geraadpleeg en verdere leeswerk.
Stephen Covey. The seven habits of highly effective families.
Thursday, 25 February 2010
Sunday, 31 January 2010
Goeie voornemens.....
Hallo.
Ek gaan nie eers probeer verduidelik nie, ek vra net onverskoning vir die lang stilte. Ek het soveel goeie voornemens gehad.....En dis dan juis die tema vir hierdie keer se blog : Goeie voornemens!
Laas Sondag bied ek Kinderkerk aan vir die Year1/2 groepie (5-7 jaar oud). Ons les handel oor God se belofte aan Abraham en dat God nooit jok nie. Ek begin die sessie met 'n retoriese vraag: 'Het iemand al ooit iets vir julle belowe en dit dan nie gedoen nie? Dis nie lekker nie nê.' Ek skep asem om verder te praat, maar voor ek iets kan sê, vlieg 'n klomp handjies in die lug, (duidelik is hierdie bloedjies almal al op skool en geen dissipline probleme hier nie!). Elkeen te gretig om hul storie van terleurstelling met die klas en my te deel. Dit het omtrent herorganisering gekos om met die Bybellessie te kon voortgaan. Dit het egter iets in my geroer. Jy sien die persoon/persone wat elke keer betrokke was by die kinders se teleurstelling was.........jy en ek, hul ouers. 'My pa het gesê ons gaan see toe gaan'; 'My ma het belowe ons sal......'.
En ek besef dat ek net so skuldig is. Ons sê so maklik iets om bevrediging vir daardie oomblik te bewerkstellig....'Ja, ons kan môre parkie toe gaan'; 'Ja, jy kan dit of dat....'; 'Ons kan môre....'. Die goeie voornemens is daar, soos ook by my met hierdie blog, maar uiteindelik voer ons nie die beloofde/beplande aksie uit nie en dit veroorsaak terleurstelling, en in herhaalde en erge gevalle wantroue by die persone naby ons, dikwels ons kinders. Dit veroorsaak ook skuldgevoelens by ons.
Ek het Joyce Meyer een keer hoor sê dat goeie voornemns erger is as om nie voornemens te hê nie. Die probleem met goeie voornemens is dat dit ons tydelik laat beter voel, ons beplan mos om hierdie of daardie goeie ding te doen. Dit is egter nog nie die aksie nie. Ons sus onsself dat ons iets gaan doen, maar doen dit nie.
Moet nou asseblief nie jouself oor die kop gaan slaan omdat dit nou die 1 Februarie is en al jou goeie voornemens vir 2010 al lankal vergete is nie. As mense faal ons dikwels. Onthou net dat ons krag uit 'n onuitputbare Bron kan kry en ook die troos dat ons soos die Samaritaanse vrou by die put(Joh 4) kan kom soos ons is, en dan verander word.
Wees dalk net meer bedag op wat by jou mond uitkom as dit by goeie voornemens en jou kinders kom....
Ek weet ek gaan vir die volgende paar weke seker maak dat ek my voornemens minstens probeer uitvoer - en die skryf van die blogg is waar ek gaan begin.......
Jesusliefde
Tot volgende keer
Sxx

Thursday, 22 October 2009
Waar is jou kind se 'skuilplek' ?
Hallo almal
Ek weet ek het gesê ons kyk hierdie keer na 'Hoe bid ek vir my kind?' Ek het egter die afgelope week 'n boek gelees wat ek graag met julle wil deel en dit gee ook meer tyd vir die van julle wat Power of a Praying Parent (Stormie Omartian) nog in die hande wil kry!
Shelter geskryf deur Jimmy Holbrook het my oog gevang, nie alleen oor die treffende titel en pragtige voorbladfoto nie, maar oor die woorde onder die titel : 'Being an intentional parent in a random world.' En is dit nie presies wat elkeen van ons as ouers vandag graag wil wees nie? Holbrook het vyf kinders onder die ouderdom van sewe jaar, so ek dink hy praat uit ondervinding.....
Die skrywer bly in 'Tornado Alley' in Oklahoma in die VSA, waar daar gereeld erge storms is, en hulle dan skuiling moet vind, gewoonlik in 'n versterkte kamer of spesiale skuiling. Hy gebruik die analogie van ons tuistes as skuilplekke vir ons kinders en daag ons uit - Waar gaan jou kind skuilplek vind as die storms van die lewe om hom begin slaan? 'This book is not about sheltering your kids from this danger, but focuses on building a shelter of development in the midst of a dangerous culture......We should treat our families the way God treats us by giving them the opportunity to develop underneath the protection of a family shelter.'
Ek lig dan nou graag 'n paar punte uit die boek wat tot my gespreek het. Hoop julle geniet dit en lewer gerus kommentaar.
Daar is 3 elemente wat jou huis 'n veilige skuilplek vir jou kinders maak:
1. ‘Safe House’ - waar jou kind veiligheid ervaar sowel fisies as emosioneel
2. ‘Green House’ – ‘n omgewing waar jou kind kan groei en vrugte dra. En die vrugte sal afhang van die groei wat plaasgevind het.
3. ‘Fun House’ – ‘n omgewing waar daar pret kan plaasvind (‘kick back, relax and take it easy’).
Verder bespreek Jimmy Holbrook die belangrike invloed wat ons huwelike en verhoudings met mekaar op ons kinders het. ‘ Values and character are caught, not taught’. Die ou bekende woorde: ‘The best thing you can do for your children is to love their mother/father’. Dit beteken gelukkig nie dat als verlore is indien jy geskei of enkelouer is nie, danksy die Genade wat alleen van ons Hemelse Vader afkom kan elkeen sy volle potensiaal bereik.
Die boek beveel verder aan dat ons van kleins af ons kinders se identiteit in Christus bevestig – ‘warriors and princess warriors for Jesus’. Laat my dink aan die ‘Jesus se soldaatjie’ liedjie...
Ouers moet hul soldaatjies op 4 gebiede ontwikkel:
1. Understand
2. Accept
3.Discipline
Disipline moet kalm vinnig en spaarsamig geskied. Nie in woede of uit frustrasie nie.
‘Make sure you don’t discipline kids for being kids.’
4.Love - 'Loving your warrior will do more for his or her confidence and security than anything else you can do.’
Bewys liefde met ‘affection (physical contact), affirmation (unconditional love) and attention’.
Holbrook spreek ‘n klomp ander aspekte ook aan maar genoeg vir eers.
Ek groet julle graag met nog ‘n paar aanhalings....
• 'Teach your kids that Christianity is not what you do, it's who you are.'
• ‘I want my kids to adopt the Christian worldview because it is true, not because our family worships at a Christian church.’
• ‘If you don’t see God moving around you everyday it is because you are not paying attention.’
• ‘A person’s set of beliefs operates as a lens through which he or she makes decisions and live his or her life.’
• To live an incredible life you must spend your time and experiences building people, not careers, cash, cars or castles.’
SdV xxx
PS. Dankie vir almal wat op die vorige blog kommentaar gelewer het, ek waardeer dit baie. ‘n Paar interessante vrae het opgeduik, ook op die kaartjies wat van julle by die damesdag ingevul het. Ek hoop om op ‘n stadium hierdie vrae aan te spreek. As enige van julle intussen iets wil deel, kliek asseblief op die ‘comments’ blokkie hier onder en laat ‘n boodskap vir my.

Tuesday, 6 October 2009
Welkom
Welkom by 'Ouers deur Genade' (Parents by Grace), 'n Blog waar ons saam gaan lag, leer, huil en deel in die vreugdes van ouerwees. 'n Groep van SA Gemeente Noordwyk het 'n behoefte geidentifiseer vir ouers om saam te kan kuier. Weens ons almal se 'besige lewens' en die logistiek van 'n verspreide gemeenskap het ons gedink om 'n 'virtuele koffiekamer' te skep.
Nie een van ons is 'gekwalifiseerde' ouerleiers nie (ek self het net een kind en 5jaar se ouerondervinding - dus geen ekspert nie), maar ons is almal ouers en vertrou dat deur die werking van die Heilige Gees ons boodskappe tot diep in ouerharte sal spreek. My begeerte is dat elke ouer sal tuis voel hier en sal deelneem deur kommentaar te lewer op die artikels (Kliek eenvoudig op die kommentaarblokkie onder die blog!). Dink aan die blog as 'n vriendin met wie jy koffie (of dalk rooibostee) deel.
Elke kind is uniek en daarom sal 'ouerstyle' verskil. Ons respekteer dit. Ons hoop om 'n ondersteuningsnetwerk vir ouers (en dan veral Suid-Afrikaanse ouers in Brittanje) te skep. Dis juis die behoefte aan ondersteuning vir ouers wat dalk ver van familie is (en waar die 'andersheid' van ons omgewing dalk die familie se raad onvanpas maak!) wat ons dryfveer was om hierdie blog te begin.
Ons gaan poog om die blog elke week op te dateer met 'n nuwe artikel. As daar spesifieke kwessies is wat jy graag sou wou bespreek laat ons asseblief weet. Dit kan ook deur die kommentaarblokkie gedoen word.
Ons is opgewonde oor wat ons saam vir ons kinders kan doen. My gebed vir elkeen is dat ons nooit koers sal verloor in ons ouerskapsbootjie nie, maar gevestig sal bly op Jesus, die Ware Noord.
Tot volgende week wanneer ons gaan kyk 'Hoe bid ek vir my kind?'. As jy Stormie Omartian se 'Krag van 'n Biddende Ouer' het, kan jy dit gerus byderhand hou want ons gaan dit binnekort as groep saam lees.
Jesusliefde
SdV xx

Subscribe to:
Posts (Atom)